PARAGON MEDIA PRODUKSIES
Die doel van Paragon is om produksies te skep waarin gewone, amateur en nie-professionele mense 'n kans gegun word om hul talente vir toneel en vermaak uit te leef. Hoewel ons ook van professionele talente gebruik maak het ons al talle ongelooflike natuurlike talent daar buite ontgin en 'n kans voor die mikrofoon of kamera gegee.
Ons is 'n platvorm waar gebruik gemaak kan word van so baie versteekte "diamante" wat ontgin kan word, en met groot welslae. Dit gaan nie vir ons oor die geld nie, maar vir die liefde van die toneel en drama.
Ons produksies is passie en belangtelling waaraan almal deel neem en 'n aandeel het.
WAT KAN JY NA DIE TAFEL BRING?