Paragon Cinematic Films
Sight Sound & Magic

Omtrent Ons

 

Most people don’t know what they want or feel. And for everyone, myself included, It’s very difficult to say what you mean when what you mean is painful. The most difficult thing in the world is to reveal yourself, to express what you have to… As an artist, I feel that we must try many things – but above all, we must dare to fail. You must have the courage to be bad – to be willing to risk everything to really express it all.
–John Cassavetes
 

Martyn le Roux ontvang die gesogte ATKV - Mediaveertoekenning in 2016 vir sy debuutdrama BLOEDLYN wat deur RSG uitgesaai is. BLOEDLYN word ook dieselfde jaar in die kategorie vir regie as finalis benoem.
In 2017 word BLOEDLYN in die Liberty Awards aangewys as die beste drama program vir Radio onder regie van Renske Jacobs en loop met die toekenning weg vir RSG.


Sy tweede drama DIE DAGBOEK van 'n WURM, word aangewys as 'n finalis in die RSG SANLAM Radiodrama kompetisie in 2015  en word ook met groot sukses op RSG uitgesaai in 2016. Die reaksie daarop was oorweldigend.

Dagboek van ʼn Wurm word in 2017 in nie minder as vier kategorieë nie benoem vir hierdie jaar se Mediaveertoekennings: Beste Teks, Beste Regisseur, Beste Aktrise en Beste Akteur.

  

Baie mense wil weet hoekom die stories nie verfilm kan word nie. Ten spyte van sy groot sukses, vind hy dat die wêreld van die film en rolprent, asook radio en TV, grootliks geslote is vir buitestaanders en dat elkeen sy eie ding doen, en sy eie miershoop jaloers beskerm.

Hy skryf ook talle ander verhale in beide Engels en Afrikaans en het nog baie meer stories om te vertel; ander stories, wegbreek stories wat meer om die lyf het as die gewone maar kan niemand vind wat bereid is om 'n stem aan sy werk te verleen nie.
Nadat die soveelste deur in sy gesig toeklap en e-posse onbeantwoord bly, besluit hy om self iets te doen.

Dis uit hierdie frustrasie dat PARAGON CINEMATIC  gebore is.

Paragon Cinematic is 'n onafhanklike rolprent vervaardiger. Dit is nie ons beroep om films te maak nie, maar ons passie.

Ons wil nuwe talente ontdek en ontgin en hopelik die kans gee om ook hul passie uit te leef, vir hulle 'n stem te gee en dit met ander te deel.

Ons wil films maak wat wegbreek van die eentonige aard en temas waarin baie Afrikaanse films verval het.

Ons wil weer daardie opgewondenheid voel wanneer ons na 'n film kyk en met opregtheid te kan sê: "Dit was goed. Dit het my geraak en meegesleur."

Ons glo dat onafhanklike film makers dit kan doen ten spyte van die feit dat hulle met klein begrotings en vrywilligers werk, want ons het die een ding wat blykbaar nie meer bestaan nie, PASSIE.

Dit gaan nie net om geld nie. Ons wil 'n voetspoor laat.

Ons wil nie net praat oor die films wat ons wil maak nie, of die stories wat ons wil vertel nie, ons wil hulle maak.

Ons sal die geld vind om ons stem te laat hoor en ons sal beter films maak met of sonder beleggers en groot geldelike skenkings op enige manier wat ons kan.

Ons is nie net film makers nie, ons is reisigers.

Ons kan beter doen, ons wil films maak wat die landskap gaan verander, uitdagend wees en nuwe gehore aantrek.

Hopelik sal ons ook die regte verspreiders kan aantrek met dit wat ons doen.

Ons kan beter films maak.

Ons sal dit saam kan doen.

"Soveel diamante onder die grond en nie aan vingers nie...ek dink dis tyd om te begin ontgin..." - Martyn le Roux