Paragon Cinematic Films
Sight Sound & Magic


MARTYN LE ROUX    verwerf die graad BA DRAMA EN TONEELKUNDE aan KOVSIES in 1982.

Hy is in die jare daarop intensief betrokke by verhoogproduksies as speler en of regisseur. Hy dien ook op die dagbestuur van Radio Kampus en word as Hoofomroper aangestel. Hy doen omroepwerk vir drie jaar.

Na sy jare van militêre diensplig en grensdiens ( waar hy opland by 1 Valskerm Bataljon Bloemfontein as Media Offisier) tree hy tot die onderwys toe en word weereens betrokke by talle skooltoneel aanbiedings oor die jare.

Hy stig sy eie teatergroep in Oos-Londen in die tagtigs en bring 'n hele klompie Afrikaanse en Engelse toneelstukke op die planke.

In 1989 verhuis hy na die Boland en vestig hom in Wellington waar hy sy eie fotografiese studio vir jare hanteer.
Hy verhuis later Paarl toe en raak weer by die onderwys betrokke.
Hy werk ook as joernalis en fotograaf vir die Paarl Post  vir 'n aantal jare en ontdek hier sy talent vir skryf en dan veral kreatiewe skryfwerk.

Oor die jare heen skryf hy stories en draaiboeke (die eerste op skool!) maar doen dit net vir die plesier daarvan.
In 2014 stuur hy vir die eerste keer in amper twintig jaar een van sy skryfstukke BLOEDLYN aan RSG as 'n inskrywing vir 'n kompetisie. Dit is 'n gruwelverhaal wat in die Boland afspeel. Hy omskep dit in 'n radiospel en dit word as een van die finaliste vir die kompetisie aangewys. Die uitsending, onder leiding van Renske Jacobs word toevallig op 'n volmaanaand in November van 2015 gedoen. Ideaal vir 'n weerwolfstorie!  Die reaskie is oorweldigend.
In die daaropvolgende jaar word BLOEDLYN bekroon as BESTE teks vir 'n drama en Le Roux word bekroon met 'n gesogte Mediaveertjie deur die ATKV.


ATKV toekenning 2016


 

Renske Jacobs 2017

BLOEDLYN word ook in April 2017  vir 'n Liberty Radio toekenning benoem in die kategorie: Best Drama Programme. Hierdie is die groot radio toekennings - dis soos die OSCARS van radio. BLOEDLYN word by die geleentheid deur die Liberty Awards aangewys as die beste drama program vir Radio onder regie van Renske Jacobs en loop met die toekenning weg vir RSG!

 

 DIE DAGBOEK VAN 'N WURM

Sy tweede radiodrama, DIE DAGBOEK VAN 'N WURM, word in dieselfde jaar weer as 'n finalis aangewys in RSG se radiodramakompetisie en uitgesaai, met Renske Jacobs weereens aan die stuur. Die reaksie op die drama is eweneens oorweldigend goed.

Dagboek van ʼn Wurm word in 2017 in vier kategorieë benoem vir TOEKENNINGS

Mediaveertoekennings: Beste Teks, Beste Regisseur, Beste Aktrise en Beste Akteur.

Dit word bekroon met drie toekennings: Beste Teks, Beste Regisseur, en Beste Akteur.


DIE PELSLOPER  - FILM

PELSLOPER is 'n Engelse verhaal (Sam's Secret) wat hy jare vantevore geskryf het en aangepas het vir die radio as 'n opvolg vir BLOEDLYN.
Dit is egter nooit uitgesaai nie. Le Roux was egter reeds besig om PELSLOPER in 'n draaiboek te omskep nadat hy versoeke gekry het om 'n draaiboek te skryf. PELSLOPER was ideaal.

Dit is reeds beskikbaar op VIMEO en op DVD.

Hy is ook tans besig om PELSLOPER as 'n Afrikaanse verhaal te verwerk in boekvorm.


HITTEGOLF  - RADIO

Genommineer vir Beste Teks ATKV Mediaveertjies 2019 in die LUISTER afdeling.

WHAT DO YOU do when bad news seems to come in a rolling tsunami? From disappointments at work to unexpected secrets from your children, a wife with an addiction issue and a mother-in-law with a leaking toilet and a mouth that doesn’t let up on the overriding commentary it offers? And all of this in the middle of a relentless heatwave? A beautifully crafted work by Martyn Le Roux.

Read below:

 

My View

The arts at large by Robyn Sassen  

Pressure Cooker Blues

 



Theatre to stay home for

The arts at large by Robyn Sassen

 






AFKOELING  - RADIO RSG

13 Junie 2019: Afkoeling deur Martyn le Roux

Martyn le Roux se Afkoeling gaan ook die lagspiere prikkel.
Kobus Burger is die regisseur vir Afkoeling, die opvolg van die uiters gewilde Hittegolf.

MET:
James Borthwick, Elize Cawood, Franci Swanepoel, Kaz McFadden, Mandi Baard, Duncan Johnson en Denver Vraagom vertolk die rolle in dié donker komedie.


 

 

Portfolio

BLOEDLYN - Uitgesaai op RSG 2015 . Beste Teks - ATKV Mediaveer Toekenning + LIBERTY TOEKENNING - BESTE RADIO DRAMA.

DAGBOEK VAN 'N WURM - 2016 - RSG / Genommineer vir 4 ATKV Mediaveertjies. Bekroon met 3 ATKV toekennings. Beste Teks/Beste Akteur en Beste Regisseur

AFKOELING (Opvolg van HITTEGOLF) RADIODRAMA RSG JUNIE 2019

AARDVERWARMING (HITTEGOLF) - 2018 RADIODRAMA WORD IN MEI 2018 UITGESAAI OP RSG
Benoem vir BESTE TEKS in 2019 vir LUISTER AFDELING ATKV Mediaveertjies.

DIE BLIKSLIM - RADIODRAMA

DIE PELSVERKOPER - RADIODRAMA

LAASTE LIG - IN WORDING -  BOEK/ FILM

DIE ENGELSINDROOM - IN WORDING -  RADIODRAMA

DIE SOUTWATERHEKS - E-BOEK/ RADIO DRAMA MIDDAGVERVOLGVERHAAL TANS IN WORDING

MARISKA  2000  -  'n Wetenskapfiksie Radiodrama tans ook aan die skep.

DIE PELSLOPER - AFRIKAANSE FILM

 

 

SIEN OOK:







Liberty Awards

 RSG takes home 10 ATKV Awards

DAGBOEK VAN 'N WURM

LUISTER HIER

2017 MEDIAVEERTJIES

VROUE KEUR ATKV -Mediaveertjies Wenners

SARIE

HITTEGOLF - Nuwe drama

Hande vol veertjies vir uitblinkers

Plaaslike riller-skrywer wen mediaveertjie vir radiodrama

BLOEDLYN

Hier is die skakel na die potgooi van die volle drama. Luister gerus.

Mediaveertjies 2017
Berig in Paarl Post
Paarl-Post_2017-4-13_preview.pdf (3.43MB)
Mediaveertjies 2017
Berig in Paarl Post
Paarl-Post_2017-4-13_preview.pdf (3.43MB)