PROJEKTE OM NA UIT TE SIEN!

HEX is die storie agter die bekende verhaal van die  heks van die Hexriviervallei in die Boland. Die storie (waarvan daar  baie weergawes is) gaan oor Eliza Meiring 'n beeldskone meisie wat in  die middeljare van die  18de eeu op die plaas Clovelly in die  Hexriviervallei gewoon het. Om  ontslae te raak van al die ongewenste  mans wat by haar wou kuier, het sy  gesê dat sy dit slegs sou oorweeg om  te trou met die man wat 'n skaars  disa uit die onherbergsame dele van  die Matroosberg vir haar bring. 'n  Vriend, vir wie sy baie lief was,  het besluit om haar met die disa te  verras en hom in die berg  doodgeval. Eliza het haar verstand verloor en  moes in die solder van  die huis toegesluit word. Sy het haar voorletters  en 1768 op die  vensterbank uitgekrap. Een nag het sy die deur oopgekry  en haar van die  trappe af doodgeval. Daar word vertel dat 'n hartseer  heks nog soms op  'n donker nag in die Matroosberg ronddwaal. Dis 'n ware verhaal en die plaas Clovelly met die opstal en   solderkamer waarin Eliza Meiring toegesluit was, bestaan nog. 'n Ander   weergawe van die gebeure is dat sy deur venster gespring en haar toe   doodgeval het.

MAAR IS DAAR MEER AGTER DIE STORIE...

SLEGS OP PATREON EN VIP TOEGANG

.


'n Weggooihond, 'n klompie "drifters" 'n rooikop, 'n lottokaartjie en 'n mal plan om Kaapstad toe te loop...

DRYFHOUT is 'n verhaal wat  jou gaan by bly vir 'n lang tyd.

SLEGS OP PATREON EN VIP TOEGANG

DIE PELSLOPER - IN EPISODES

SLEGS OP PATREON EN VIP TOEGANG BESKIKBAAR

 

 

TWILIGHT JOURNEY - KORT FILM

SLEGS OP PATREON EN VIP TOEGANG

Mail
Call
Map
Instagram