AGTER DIE SKERMS VAN DIE SOUTWATERHEKS.

We are currently creating content for this section. In order to be able to keep up with our high standards of service, we need a little more time.

Please stop by again. Thank you for your interest!


DIE KRAG AGTER DIE VAN KLANK  VAN SOUTWATERHEKS

Pioneer Recording Studio vir DIE SOUTWATERHEKS met Arné Von Mollendorf Musiek

POINEER RECORDING STUDIO is 'n klank-ateljee gevestig in die pragtige Bolandse dorp, Worcester en word bestuur deur Arné Von Mollendorf Musiek.
As jy Arné die eerste keer ontmoet sal jy nooit kon dink dat hy siggestremd is nie. Ek het dit eers besef toe hy sy besigheidskaartjie in my hand plaas. Dit was  in Braille.
Hierdie ateljee is Arné se domein en hy weet presies waar elke knoppie en stukkie toerusting is en sy ore is sy "super power".
Ek ontvang nou die dag 'n klanktoets vanaf Arné, en dit is die suiwerste, duidelikste klank wat ek nog ooit gehoor het! Ek raak van vooraf weer opgewonde oor die projek!
Dit is hier waar die produksie van DIE SOUTWATERHEKS binnekort met sy klankbaadjie toegerus sal word en Arné sal die man wees wat dit vir ons sal doen.

By die ateljee word daar gefokus op die opneem van musikante, sangers, orkeste, kore en selfs die opneem van skole se musiekproduksies en luisterboeke.  Ander dienste sluit in die dupliseer, druk en verpak van CD's/DVD's en die omskakeling van die ou analoog formate, LP's, oudio and video kassette ens. na basies enige tipe digitale platform.

Sedert Junie 2016 maak Pioneer Recording Studio, toe bekend as Boomroc Productions, deel uit van die Pioneer Printers // Pionierdrukkery.   By die drukkery word daar alle vorme van lees materiaal vervaardig in Braille, taktiel, grootskrif en oudio vir siggestremdes sedert die vroeë negentienhonderds.  Dit sluit lees
materiaal in soos bv. skoolboeke, eksamenvraestelle, restaurant spyskaarte, tydskrifte, storieboeke ens.

SOUTWATERHEKS se episodes sal ook gratis aan siggestremdes verskaf word wanneer dit publiek gaan.

Vir meer inligting en professionele diens, kontak:

Arné von Mollendorf
Head: Pioneer Recording Studio
Posbus 994 P.O. Box  Worcester 6849
Distilleryweg 4 Distillery Rd Worcester 6850
T: 023 342 6313
F: 023 342 0335
M: 072 691 9223
arne@pioneerprinters.org.za
<mailto:boomroc@mweb.co.za>
www.pioneerprinters.org.za <http://www.pioneerprinters.org.za/>



Mail
Instagram