'N AVONTUUR IN KLANK!

 'N FILM VIR JOU ORE!

IN 25 EPISODES

WAT DOEN JY AS 'N MEERMIN EEN OGGEND VROEG AAN JOU DEUR KLOP?


Luister en Kyk nou!

Luister na die eerste 6 episodes GRATIS!

Kry toegang tot DIE VOLLE STORIE en ander aanbiedinge.
Vinnig, maklik en veilig!

 


OPSIE EEN

Sluit aan by ons PATREON. Kies U vlak van ondersteuning. Koop 'n koffie teen $4 (R60 - vlak 1) en kry toegang tot ons produksies, agter die skerms materiaal, en veel meer!

(VISA kaart benodig. Betaling is in US Dollar

OPSIE TWEE

Registreer HIER op ons webtuiste se LANG ORE BLAD en kry spesiale toegang tot ons VIP Kamer! Kry al 25 Episodes van Soutwaterheks in jou e-pos Inbox elke maand!
Toegang is vir 'n jaar @ R650.
(Betaling via EFT in Suid-Afrikaanse rand)



U kry toegang tot ons oudio en films aanlyn d.m.v. 'n klein maandelikse ondersteuning. U kan maandelikse ondersteuning aan en af skakel soos dit u pas. Dankie vir jou ondersteuning!


U kry toegang tot ons oudio, dramas en films vir 'n jaar.  Meer drama, stories en films aan die kom later vanjaar!


BLOUBAAI - GESKRYF EN UITGEVOER DEUR DJ MULLER

 


Mans in Swart, 'n hond met lang ore, 'n kroeg, 'n storm op die see, die Tweede Wêreldoorlog, Nazi's, 'n duikboot, Vreemde Vlieënde Voorwerpe, beeldskone wesens uit die oseaan, talle geheime uit die see en 'n ernstige waarskuwing vir die mensdom ...dit alles kom in SOUTWATERHEKS.

SOUTWATERHEKS is 'n totale nuwe en heel ander konsep vir radiodrama en teater vir die verbeelding en is 'n waterskeidings produksie, een soos wat nog nooit plaaslik gehoor is nie.

Al die episodes van die oudiodrama word ook vergesel van byna 'n 100 volkleur, hoë resolusie illustrasies wat tonele uit die verhaal sal vertoon terwyl jy luister!

Om te verseker u mis nie hierdie hoogtepunt van 2021 nie, volg ons op ons FACEBOOKBLAD sluit by ons FACEBOOKGROEP.

Wat jy ookal hierdie jaar doen, moet dit nie misloop nie!

 


DIE SOUTWATERHEKS is 'n oudiodrama uit die pen van multi-bekroonde skrywer Martyn le Roux wat bekend is vir sy uitsondelike stories en radiodramas wat op RSG uitgesaai is en vele Mediatoekennings en nominasies ontvang het. Dit kan tans en later die jaar op die internet en elders gehoor word. Dit is opgeneem in samewerking met Pionier Studios en Pionierdrukkery te Worcester wat media vir blindes in Suid-Afrika verskaf.
Die algemene publiek kan GRATIS na die eerste ses episodes luister. Om die volle 25 episodes van die besonderse verhaal te kan volg vra ons u ondersteuning om te help met onkostes en uitgawes en om te versker dat ons nog soorgelyke produkte aan u kan bring.

SLUIT NOU AAN BY ONS PATREON

of raak 'n

VIP

EN GENIET HIERDIE EN ANDER AANBIEDINGS!





  'n Oudiodrama soos nog nooit gehoor nie!

Die Soutwaterheks

Die verhaal

FRANS BAKER, ʼn marienebioloog in sy dertigs, erf die familiebesigheid, Baker en Seun, ʼn vissersbedryf in 'n klein vissersdorpie. Bloubaai, nadat sy pa, George Baker, oorlede is. Lojaal teenoor sy pa se wense en die families wat al baie jare vir hulle werk, gee hy sy lewe as marinebioloog prys en neem beheer van die familiebedryf.
Frans het ʼn netelige probleem: hy raak geweldig seesiek as hy voet aan boord enige boot sit. As deel van sy pligte moet hy jaarliks uitgaan op die trawlers om seker te maak alles is in orde en gereed vir inspeksies om sertifikate en lisensies jaarliks hernu te kry.

Op ʼn mooi dag klim hy baie teensinnig op die maatskappy se grootste trawler, Die Seeheks. Frans se persoonlike assistente, BELINDA TUTTON, ʼn beeldskone jong meisie  in haar laat twintigs het haar hande vol om hom aan boord te kry en met die hulp van Kaptein John Kearney, 'n gesoute trawler kaptein, en jarelange familievriend van die Bakers, vertrek die Die Seeheks met Frans aanboord.

Daar bestaan ʼn spesiale vriendskap tussen Frans en Belinda. Hulle het beide gevoelens vir mekaar, maar Belinda is in ʼn verhouding en Frans treur steeds nege jaar lank oor die liefde van sy lewe, ANGELIQUE CLAASSEN, wat op haar agtiende verjaarsdag in die oseaan verdrink het toe haar pa se vissersboot onder vreemde omstandighede gesink het. 

Alles verloop goed tydens die inspeksie op die see tot die volgende oggend toe die vangs moet ingebring word.  Hulle word gekonfronteer met drie vreemde swart helikopters en ʼn boot wat met gesofistikeerde wapentuig na iets in die water soek. Die Seeheks word beveel om die gebied onmiddellik te verlaat of die gevolge te dra. Hul kommunikasiestelsels word op misterieuse wyse lam gelê, en Frans Baker, uit vrees vir hul lewens en die boot, beveel Kaptein Kearney om die vangs te sny en onmiddellik die gebied te verlaat.       

 ʼn Frats storm steek skielik oor die oseaan op en word binne sekondes ʼn monsteragtige orkaan wat die geheimsinnige helikopters en boot verswelg en dreig om ook die Seeheks te sink. Die storm bedaar net so skielik soos wat dit opgesteek het.
 
Kaptein Kearney sê dat dit deur meerminne veroorsaak is en dat hy voorheen deur ʼn soortgelyke voorval was toe Frans se vader nog geleef het en dat dit die rede is waarom die groot trawler waarop hulle tans is, herdoop is van die Calypso na Die Seeheks. Frans bly skepties maar onthou die stories wat sy pa altyd vertel het oor seehekse wat werklik is. Terwyl hulle dit argumenteer spoel nog ʼn groot golf oor die skip en ʼn meermin beland op die dek reg voor hulle, en die verbaasde bemanning, se oë!
Hulle staar vir sekondes lank met skok na die beeldskone seenimf voor hulle voordat sy oor die kant van die boot duik en in die oseaan verdwyn.

Voordat sy egter in die see verdwyn, roep sy FRANS op sy naam en los ʼn goue dolfynhangertjie op die dek van die boot...  Die hangertjie het aan Angelique Claassen behoort en is aan haar deur Frans gegee op haar verjaarsdag, die dag toe sy in die oseaan verdrink het.
Geskok en verward keer hulle terug na die land met ʼn erg beskadigde vissersboot.      

So begin 'n fantastiese avontuur wat Frans Baker en sy vriende soos 'n orkaan tref en saam neem na 'n wêreld van geheime en onthullings waaraan hulle nie in hul wildste drome sou kon dink nie.

'n Avontuur wat hulle lewens ingrypend verander, vir altyd...




Mail
Call
Map
Instagram