DIE VERHAAL - 'n Kort Sinopsis                   


Die Pelsloper is 'n romantiese riller met 'n donker, gotiese atmosfeer uit die pen van die ATKV-bekroonde skrywer MARTYN LE ROUX. Dit is gebasseer op een van sy vroeë skryfstukke in Engels wat hy vir die Internet as 'n E-boek bestem het, en in Afrikaans verwerk het.

Die verhaal speel af in die TANKWA KAROO, SUTHERLAND omgewing en die Wes-Kaap.

ʼn Avonturier en paranormale ondersoeker, George Coetzee, kry 'n wenk oor 'n baie seldsame verskynsel in die Tankwa Karoo vanaf 'n ou bankrotboer wat hy eendag in 'n Sutherlandse kroeg raakloop. George sien 'n volgende storie daarin en besluit om ondersoek te gaan instel.
 Hy pak sy motor en durf die uitgestrekte landskap van die Tankwa aan. Op sy eerste dag het hy 'n onverwagte onderonsie met 'n Kaapse geelslang in die veld. Hy val teen 'n skuinste af en sy kop tref 'n klip.
  Hy word wakker in 'n vreemde, armoedige gebou met net een inwoner, 'n beeldskone, misterieuse donkerkop vrou, wat hom meedeel dat sy hom al vir twee dae versorg, nadat sy hom net betyds van 'n gewisse dood gered het.

  George probeer by haar uitvind waar hy presies is, hoe hy daar gekom het, wie sy is, en waarom sy so alleen daar woon, maar sy is ontwykend en dring daarop aan dat hy die volgende dag moet vertrek en nie langer daar kan bly nie.

  Hy is totaal gefassineerd deur die geheimsinnige nimf van die hut en probeer om ʼn foto van haar op sy selfoon of kamera te neem, maar sy deel hom ook mee dat sy baie duur kamera en foon ook in die slag gebly het met sy val. Effektief het George geen manier om 'n foto of bewys van haar of die hut te bekom nie.


George maak ʼn Pandora se boks oop wat hom op ʼn ongelooflike pad van donker onthullings, liefde en tragedie meesleur en hom uiteindelik voor ʼn baie moeilike keuse te staan bring..

 

Mail
Call
Map
Instagram