Paragon Cinematic Films
Sight Sound & Magic

ROLVERDELING

DIE PELSLOPER

 


 

 


CHANTELLE WERTH

SAMANTHA

CHANTELLE is 'n student aan die Universiteit Wes-Kaap. Sy is van die Kaap. Hoewel sy geen formele drama agtergrond het nie, het sy 'n lewendige belangstelling in toneel en is sy fisiek so na aan Samantha as wat ons kon wens.



FRANCOIS COERTZE

GEORGE COETZEE

FRANCOIS is 'n gesoute akteur woonagtig in Wellington Wes Kaap. Hy het 'n groot liefde vir drama en kuns. Hy het talle produksies agter sy naam, soos: Modder en Bloed 2016. - Sean Else Suidooster - 2017 Van Der Merwe - Julie 2017,  Call the Midwife 2016,  Black Sails,  Homeland,  Woodenbox en ander.

Hy was van die begin af  een van ons sterk oorwegings vir die karakter van George Coetzee.

Hy het van dag een af in die skoene van George geklim.

Dis altyd 'n plesier om saam met hom te werk. Ons is baie bevoorreg om hom aanboord te hê!


WIKUS DE KOCK

COMBRINK

Wikus de Kock is van Wocester. 

Hy is 'n oud-poliseman, het sy eie besighede besit en was ook 'n privaat speurder, waar hy baie "Under Cover" moes werk en was ook  'n lid van die South Africa Association of the Paranomal.
Hy was ons eerste keuse vir die rol van Dirk Combrink die oud-polisieman wat 'n gesonde wrok teen die Symmingtons koester. 

Wikus het 'n lewendige belangstelling in toneelspel en vertol die rol van Combrink met soveel passie en oortuiging! Hy is Combrink!

PELSLOPER is sy eerste film.


HAYLEY PIETERS

FREDERICA FIORENTINI AKA FREDDY FOUR EYES

Hayley Pieters (Wright) is van die Paarl.

Sy studeer Acting and Television Presenting  by  City Varsity Film School  in  1998-2000 en tree op as die Body Double vir Alyssa Milano (van WHO’S THE BOSS faam) in die film: Diamond Hunters met  Sean Patrick Flannery (Powder) en Roy Scheider (Jaws). Sy doen ook talle advertensies vir bekende handelsmerke soos British Telecom, Coca Cola , Molson's Dry Beer – Canada, Spar - Greece ,  Mecer Computers - International , en nog vele meer.
Die rol van FREDDY is oorspronklik geskryf vir 'n manspersoon, maar Hayley het ons so verras dat ons die rol herskryf het vir haar en dit in 'n vroulike karakter omskep het.
Sy het 'n lekker natuurlike aanslag en maak iets besonders van die Dark Web, hacker, ex-CIA spook karakter van Freddy.


ZANI MYBURGH

SAVANNAH

Zani het het haar B. Dramagraad aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang. Sy het haarself  bekwaam vir die onderwys as beroep en beoog om ook haar honeurs graad te doen in Sielkunde.
Suzanne is nog 'n plaaslike talent van die Paarl soos baie van ons akteurs.


PIETER THERON

GERRIT PRETORIUS

Pieter Theron is woonagtig in die Paarl en is betrokke by die onderwys. Hy is oorspronklik van Tulbagh af.
Hy sal in die skoene van Gerrit Pretorius, die bankrot boer in die kroeg in die Tankwa staan.
Pieter is 'n nuweling voor die kamera en toneel, maar het 'n natuurlike goeie sin vir humor en kan 'n storie met smaak vertel.

Hy is 'n goeie keuse vir die rol van die kroegvlieg wat sy bestaan  in die Tankwa verloor het en nou op ander aangewese is vir 'n daaglikse sopie.
George se toevallige ontmoeting met hom sit die storie aan die gang en lei tot die verhaal van DIE PELSLOPER.



SU NIGHTINGALE

TV ANKER

Su Nightingale is from Paarl where she teaches English at a local high school.  She's also and avid amateur musician and poet and a keen surfer and never misses an opportunity to get to the beach or to road-trip somewhere beautiful.
She is in the process of completing her Masters in Curriculum Studies at Stellenbosch University, where she also studied B Dram as her undergraduate degree.

Su is 'n dinamiese en energieke jong vrou  wat ook baie sterk oorweeg is vir die rol van Samantha. Sy vertold die rol van die TV anker wat berig oor die moord in die Symington wooning op Somerset- Wes.

Dit is ook haar eerste rol in 'n film, en alhoewel dit 'n klein rolletjie is, maak sy iets spesiaal daarvan.


JOHAN HAASBROEK

PROFESSOR SYMINGTON

Johan Haasbroek is van Wellington. Hy het al in toneelstukke vir die Meulteater in die Paarl opgetree en as ekstra in verskeie advertensies opgetree.

Hy was voorheen by die polisie se narkotiese afdeling betrokke en is tans 'n pensioenaris.

Hy het 'n liefde vir toneel en speel in films en advertensies op 'n deeltydse basis. Ons het hom ook oorweeg vir die rol van Combrink.
Vanweë sy voorkoms was hy egter 'n natuurlike keuse vir die rol van Prof. Symington, die vader van Samantha, wat 'n vreemde ontdekking in die Tankwa maak en 'n dodelike vloek saam met hom bring.



STEPHANIE BOTHMA

ONTVANGSDAME BY GASTEPLAAS

STEPHANIE het in 2016 gematrikuleer aan Hoër Meisieskool La Rochelle, waar sy geslaag het met 'n A-gemiddeld in Dramatiese Kunste.
Sy neem ook deel aan verskeie Eisteddfods waar sy meestal Cum Laude vir haar werk verwerf het. Sy het ook betrokke by rolle en oudisies soos die van Vaselientjie.

Vanaf 2018 beoog sy om BA Sielkunde deur UNISA te studeer, waarna sy ook haar BA Drama graad wil verwerf.

Sy vertolk die rolletjie van die gasteplaas se bestuurder in die Tankwa waar George en Samantha een aand tuisgaan, met noodlottige gevolge...


CARIKE VAN ZYL

KELNERIN

Carike is van Stellenberg en is tans 'n student aan CAPUT op Wellington waar sy aan haar BA graad werk in die onderwys.
Sy het ook al opgetree as film ekstra.
Carike is ook 'n passievolle musikant en skryf ook haar eie liedjies.


SIENNA LILY SCHMIDT

DOGTERTJIE IN STRAAT

Is 11 years old, in grade 5, lives in Paarl and has been going to Paarl Girls High School for the last 9 years  

Sienna has been a student with Dane Marais Master Musical Theatre for 4 years, where she has worked on her skills in dancing, singing and performing. In 2018 end of the year production, she was co-leading in several parts and delivered a solo “Gimme Gimme” out of the musical “Thoroughly Modern Millie”.
Sienna is part of the school choir and takes part in annual Eisteddfod and drama inter-school competitions.
The primary school has a concert at the end of the year in which she will play the part of Fiona

She also has been taking piano lessons for the last 5 years and takes part in musical Eistedfords annually


LISA HEATH

DIE DOGTERTJIE

Is 'n besonderse jong dametjie, is 10 jaar oud en ‘n Gaad 5 leerder by Worcester Primêre. Sy neem swem en dansklasse, geniet die see, swem, rotsklim EN boogyboard en sy leer nog om branderplank te ry.
Sy is ook lief vir die kunste: skets graag, skilder en maak beeldjies.
Verder sing sy, speel kitaar en blokfluit en neem boonop nog ekstra klasse in Mandaryns! Sy is 'n baie energieke en doelgerigte persoonlikheid en het ons aandag onmiddelik vasgevang met die oudisies.
Haar groot droom: om ‘n veaarts te word!
Sy klink amper soos haar alter-ego in die film.